Meintjies boer vooruit met sy Sprinklers

Sedert die installasie van die Oorhoofse Floppy sisteem op op sy plaas Kingsdale naby Oos London, was Mickey Meintjies nog nooit ‘n enkele sekonde spyt nie. Meintjies het na deeglike ondersoek besluit om die Floppy sisteem op ‘n area van 8 hektaar te installer weens die alsydigheid van die stelsel, die sisteem se groot waterbesparingsvermoë asook die voordeel dat die Floppy Sprinkler van nil en gener waarde vir diewe is omdat dit gemaak word van plastiek en silikoon.

 

Volgens Meintjies is dit ‘n plesier om onder die oorhoofse kabel sisteem te werk. Beskadiging van pype en hidrante deur trekkers word heeltemal uitgeskakel omdat die sisteem geen infrastruktuur op die grond het nie. In die verlede is Meintjies baie lasting geval deur diewe maar sedert hy die Floppy sisteem geïnstalleer het was daar nog nie ‘n geval van diefstal nie.

Meintjies groei verskillende gewasse onderandere wortels, aartappels, beet, kool en mielies. Volgens Meintjies word elke gewas benat volgens sy waterbehoefte. n Verdere voordeel van die stelsel is dat kunsmis effektief en akkuraat deur die stelsel oor die gewasse toegedien kan word sonder vermorsing deur afloop. Dit lei tot ‘n verdere besparing in kunsmis onkostes.

Volgens Meintjies het hulle serdert die installasie van die Floppy Sprinkler sisteem ‘n toename in opbrengs verkry by al die bogenoemde gewasse. Meintjies staaf onwrikbaar dat “die Floppy Sprinkler stelsel die beste besproeiingsisteem beskikbaar is”.

“Ek kan eerlikwaar sê dat die Floppy geen negatiewe punte het nie”, sê Meintjies. Meintjies was so beïndruk met die resultate verkry met sy Floppy sisteem dat hy ‘n verdere 30 hektaar onder Floppy installeer.

Een van die meningte voordele van die sisteem is dat boere met een hektaar installasies kan begin en stelselmatig die sisteem kan uitbrei na gelang van beskikbare kontantvloei.

Die Floppy Sprinkler bestaan uit plastiek en silikoon en het dus geen bewegende of slytende onderdele nie en het gevolglik geen onderhoud nie. Die eerste Floppy sisteem is by Mitchell en Mitchell in 1987 in Zimbabwe geïnstalleer en het tot op hede nog geen onderhoud nodig gehad nie.

‘n Addisionele bonus is die vyf jaar waarborg op alle Floppy Sprinklers en Floppy Sprinkler komponente. Hierdie offer spreek duidelik die duursaamheid en hoë kwaliteit van die sisteem.

Meintjies het egter geen verdere aansporing nodig nie hy, “sal net die Floppy oorweeg vir toekomstige installasies!”