Floppy goed vir moederaarde!

Floppy Sprinkler (EDMS) Bpk. is toonaangewer in die besproeiingsbedryf en ligjare voor sy kompetisie! Jare gelede het Prof. Lourens Hiemstra van die Universiteit Stellenbosh met dié briljante idee vorendag gekom wat tot groot besparings in water, energie, arbeid, onderhoud en kunmis sou lei. 

Deur Denise Lombard

 

Die Floppy Sprinkler is ontwerp om water te bespaar en is sinoniem met volhoubare besproeiingspraktyke. Elke sprinkler word toegerus met ‘n vloei beheerder. Die vloei beheerder reguleer die vloei van water ongeag waterdruk fluktuasies. Toetse gedoen deur die Water Navorsingsraad tesame met die Suid-Afrikaanse Landbou Ingenieurs Raad staaf die sprinkler se toedieningseffektiwiteit as ‘n verstommende 90%! Die sprinkler maak eenvormige, medium-grootte, lae energie druppels. Die druppelgrootte voorkom die vorming van mis wat lei tot water verliese deur verdamping. Dit het ‘n 30% water besparing tot gevolg.

Die sprinkler funksioneer teen 2 Bar druk teenoor die 3.5 Bar van ander konvensionele stelsels. Dié lae energie behoefte lei tot ‘n 44% besparing in energie. Die stelsel verg baie min arbeid en daarom is dit ook baie maklik om in af-piek tye teen goedkoper tarriewe te besproei. ‘n Besparing van 75% op arbeid is nie ongewoon nie.  

Die Floppy Sprinkler word plaaslik op Nelspruit vervaardig. Die sprinkler word gemaak van plastiek en silikoon en het geen  bewegende en slytende onderdele nie. Die oudste Floppy stelsel is in 1987 op ‘n plaas by Mitchell en Mitchell in Zimbabwe geïnstalleer en het tot op hede nog geen onderhoud nodig gehad nie.

Benewens al die voordele is dit ook nie nodig om die Floppy stelsel te spoel met skadelike chemikalieë om sodoende die stelsel skoon te hou nie. Dit maak die stelsel geskik vir biologiese boerdery praktyke waar daar nie met chemiese stowwe geboer word nie.   

Vir boere wat nog tradisioneel boer, is dit baie maklik om kunsmis deur die stelsel akkuraat op gewasse toe te dien. Omdat die uitlate van die Floppy Sprinkler groter as ander konvensionele besproeiingstelsels is dit nie nodig om ‘n fortuin te spandeer aan vloeibare kunsmis nie – gewone korrel kunsmis kan maklik deur die stelsel toegedien word.

Die Floppy stelsel is baie veelsydig en verskeie tipes gewasse kan suksesvol op verskillende tipes, vorme en groottes lande besproei word. Die stelsel benat die totale wortel oppervlakte van gewasse en lei tot optimale wortel ontwikkeling. ‘n Beter ontwikkelde wortel stelsel lei tot beter opname van kosbare water en voedingstowwe en lei tot ‘n 15%-30% verhoging in opbrengs.  

Hedendaagse boere kom te staan voor baie uitdagings. Van beperkte beskikbare hulpbronne soos water, stygende kommoditeits pryse, grondeise en dies meer. Benewens die uitdagings moet boere nog ‘n bestaan kan voer. By Floppy Sprinkler (EDMS) Bpk. glo ons daarin om boere te help om elke randjie twee keer te draai, kostes te bespaar en gesondheid uit die grond te put.

Toeneemde vraag na die Floppy-stelsel het die maatskappy genoodsaak om verspreidingslisensies beskikbaar te stel aan  besproeiingsagente reg oor die land. Hierdie agente sluit tans in: 

Laeveld Koöperasie Beperk (Afgri) – Nelspruit, Komatipoort, Malelane.
RJ Verspreiders – Lichtenburg, Swartruggens. 

Vir meer inligting skakel gerus Johann Hiemstra of Christo Theron by 013-752 4252 of faks 013-752 3665.